No under 18s

FOKOFPOLISIEKAR @ Armchair Theatre

Fri Sep 27, 19:00 - Fri Sep 27, 23:45

THE ARMCHAIR THEATRE

ABOUT

Hulle is TERUG! They are BACK!


FOKOFPOLISIEKAR


Hunter Kennedy (kitaar & lirieke), Jaco S. Venter (dromme), Francois van Coke (sang), Wynand Myburgh

(baskitaar), Johnny de Ridder (kitaar)


FOKOFPOLISIEKAR is gevorm in 2003 toe ‘n groep vriende vanaf Bellville besluit het om ‘n Afrikaanse

rockgroep te begin. Die klank was vars en baie anders as die Afrikaanse rock pioniers wat hulle

vooraf gegaan het.


In hul een-en-twintig jaar van bestaan het hulle kultus-status bereik en het hulle ‘n huishoudelike

naam in Suid-Afrika geword.


Die groep woon in Bellville, Kaapstad.

Fokofpolisiekar is bekend vir hul eksplosiewe vertonings en rou, onuitputbare energie op die

verhoog. Die band se kontroversiële en ondersoekende lirieke het veel omstredenheid in die Suid-

Afrikaanse media veroorsaak.


Die groep het egter veel lof ontvang vanuit die Afrikaanse literêre gemeenskap vir die kragtige

uitvoering van hul intelligente, poëtiese en uiters eerlike lirieke. Hul voortgesette sukses en

groeiende gewildheid wat deur klas-, ouderdom- en ras grense breek, getuig van hulle artistieke

diepte en sosiale impak… en bewys dat Fokofpolisiekar veel meer as net ‘n verregaande naam is.

Fokofpolisiekar het tot op datum 5 vollengte albums, 5 kortspelers, 2 live albums en 3 enkelsnitte

vrygestel.Al vyf groeplede het ook baanbrekersgroepe gestig wat verskillende genres verken, insluitend Die

Heuwels Fantasties (electro pop), AKING (melodiese rock) en Van Coke Kartel (alternatief).


Dokumentêr:

In 2009 is die bekroonde dokumentêr, Forgive Them For They Know Not What They Do, vrygestel. Dit

vertel Fokofpolisiekar se storie tot en met 2008: Forgive Them For They Do Not Know What They Do

Offisiële biografie:

‘n Gemagtige biografie, Biografie van ‘n Bende deur Annie Klopper, is in 2011 gepubliseer: Biografie

van ‘n Bende



SKAKELS:


Instagram: fokofpolisiekar

Facebook: fokofpolisiekarband

Twitter: @fokofband

Webwerf: fokofpolisiekar.co.za

Live show

Treffer: Komma

YouTube

Wikipedia

Spotify

DIRECTIONS

FOKOFPOLISIEKAR @ Armchair Theatre
THE ARMCHAIR THEATRE
135 Lower Main Rd, Observatory, Cape Town, 7925
Get Directions