TV & STROMER | TV & STREAMER: Klein paradys

Wed Aug 28, 17:00 - Wed Aug 28, 18:30

Theatre on The Bay

ABOUT

kykNET Realiteit: TV-episode | kykNET Reality: TV episode

 

Die kykNET Silwerskermfees is sinoniem met blinknuwe films en die ontwikkeling van die plaaslike rolprentbedryf, maar vanjaar skyn die kollig vir die tweede opeenvolgende jaar ook op televisievermaak.

Loodsepisodes van vier puik nuwe TV-reekse wat kykNET- en Showmax-kykers binnekort in vervoering gaan hê, word by die fees vertoon.


The kykNET Silwerskerm Festival is synonymous with brand-new movies and the development of the local film industry, but in 2024, for the second consecutive year, the spotlight will also shine on television entertainment.

Pilot episodes of four excellent new TV series that will soon have kykNET and Showmax viewers captivated, will be screened at the festival.


LET OP | PLEASE NOTE


Deur 'n bespreking vir hierdie loodsepisode te maak, stem jy in om geen inhoud wat tydens die geleentheid gesien word, te openbaar, deel of te bespreek nie. Jou bywoning en bevestiging van jou sitplek/kaartjie beteken jy aanvaar hierdie nie-openbaarmakingsooreenkoms.


By booking for the screening of this pilot episode, you agree not to disclose, share, or discuss any content viewed during the event. Your participation in the screening constitutes acceptance of this non-disclosure agreement.


Klein paradys: Small space, big ideas


REGISSEUR | DIRECTOR: David Enright

DRAAIBOEKSKRYWER | SCRIPTWRITERS: Leroux Botha

KINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Morne Terblanché

KLANKONTWERP | SOUND DESIGN: Gerrit Krag

REDIGEERDER | EDITOR: Andrew Dixon

AANBIEDER | PRESENTER: Robbie Kruse

PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Afrokaans

OUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTICTION: PG L

BINNEKORT BESKIKBAAR OP KYKNET | AVAILABLE ON KYKNET SOON


Klein paradys handel oor ses dinamiese ontwerp-duo’s wat 30 dae het om hul 21 m2 mikro-wooneenhede in vyfster-gasteverblyf te omskep.


Dié boeiende werklikheidsreeks is by Old Mac Daddy in die Elgin-vallei verfilm met die veelsydige David Enright (Stella Murders, Devilsdorp, Survivor SA: Return of the outcasts) in die regisseurstoel.

 

David is bekend vir sy passiegedrewe benadering en onverstoorbare betroubaarheid. Sy omvangryke begrip van sielkunde en menslike gedrag stel hom in staat om boeiende vertellings te ontknoop in onder meer werklikheidsreekse en dokumentêre produksies.


Handrie Basson, ’n gesoute uitvoerende vervaardiger, het sy merk gemaak as ’n finansiële verslaggewer by Media24 en hy het later floreer by M-Net met bemarking en publisiteit onder sy wakende oog. In 2006 het hy sy passie vir storievertel nagevolg en die produksiemaatskappy Afrokaans tot stand gebring.


Klein paradys follows six designer duo’s who have 30 days to transform their 21 m2 micro housing units into five-star guest accommodation.

 

This gripping reality series is being filmed at Old Mac Daddy in the Elgin Valley with the versatile David Enright (Stella Murders, Devilsdorp, Survivor SA: Return of the outcasts) in the director’s chair.


David is known for his passionate and sure-fire approach. His extensive knowledge of psychology and human behaviour enables him to unravel fascinating stories in genres that include reality series and documentaries.


Handrie Basson, an experienced executive producer, left his mark as a financial reporter at Media24 before joining M-Net where he exceled as head of marketing and publicity. In 2006 he pursued his passion for storytelling and founded the production company Afrokaans.



VOLG ONS OP | FOLLOW US ON:

Instagram

Facebook

Bly op hoogte van alle nuus en spesiale aankondigings deur in te teken op ons nuusbrief. | Stay up to date with all festival news and special announcements by signing up to our newsletter.

DIRECTIONS

TV & STROMER | TV & STREAMER: Klein paradys
Theatre on The Bay
Link Street, Camps Bay, Cape Town, 8005
Get Directions