André Schwartz: Any Dream Will Do – My pad met Webber

Wed Oct 23, 20:00 - Wed Oct 23, 21:30

Stage Coach - Santos Express Train Lodge

ABOUT

Santos Express Train Lodge is bevoorreg om die bekroonde André Schwartz se sukses-vertoning "Any Dream will do – My Pad met Webber" op Woensdag, 23 Oktober 2024, in die nuwe Stage Coach-Teater te verwelkom.


Volgepakte teaters, staande toejuigings, goeie resensies en teaterbenoemings regoor die land getuig van die sukses van hierdie produksie.


Kaartjies kos R180 vir die vertoning. Jy kan die kaartjies aanlyn koop by https://qkt.io/AndreSchwartz of by die ontvangskantoor van Santos Express Train Lodge in Munro Straat, Santos-strand, Mosselbaai


Kom geniet net die show of boek 'n vaste prys driegang ete wanneer jy kaartjies koop vir 'n onvergeetlike aand. Ete begin 18:00. Show begin 20:00.


In hierdie Afrikaans-Engelse-produksie ondersoek Schwartz sy verhouding met alles wat Andrew Lloyd Webber is. 'n Verhouding wat begin het toe hy Andrew se werk vir die eerste keer op die ouderdom van 12 teëgekom het toe hy Joseph en sy wonderlike Technicolor Dreamcoat gesien het. Hy gebruik hierdie verbinding met Webber sowel as verdere interaksies as 'n platform om sy eie lewensverhaal te vertel. Gestroop. Rou. Kwesbaar.


Schwartz se moeder, wat 'n wesenlike invloed op sy lewe gehad het, word aangehaal: "Weef jou jas en skep 'n tapisserie van kleure, laat dit so helder skyn as wat jy dit wil hê, droom wat jy wil, selfs al word drome en werklikheid ononderskeibaar. Jy besluit jou eie waarheid, maar onthou altyd jou pad huis toe."


Huis is waar die waarheid vir André lê. Dit wissel tussen oomblikke toe sy jas helder geskyn het en die eerste Phantom in Suid-Afrika geword het met Webber se seël van goedkeuring, tot oomblikke waar elke sweempie kleur uit sy jas verdwyn het, nadat hy 'n diagnose van motorneuronsiekte ontvang het.


Die narratief sowel as liedjies, soos Any Dream will Do, You must love Me, Music of the Night, No Matter What, Memory en Send in the Clowns, weef saam en vorm 'n eenheid wat hierdie stuk stewig in die genre van suiwer teater plaas. As jy 'n "sitkamermusiek" -weergawe van een van hierdie gunstelinge verwag, kom jy na die verkeerde vertoning.


Send in the Clowns is die enigste liedjie in die produksie wat nie deur Webber geskryf is nie. "Ek verwonder my aan die vrymoedigheid van jong kunstenaars wat dink hulle het die reg besit om hierdie liedjie te interpreteer. Hul wals met tyd is propvol lewe. Terwyl ons, van wie die jeug verlaat het, die uiteindelike nar besef" sê Schwartz.


Die liedjies word onbewaak, gestroop en skaamteloos eerlik aangebied – net soos Schwartz se lewensverhaal.


Die vertoning beweeg tussen oomblikke van geweldige pyn wat die kunstenaar ervaar, na verhewe oomblikke van hoop en inspirasie – die sleutelboodskap van die vertoning.


Humor is alomteenwoordig en vlymskerp – dikwels selfvernietigend.


Kom geniet net die show of boek 'n vaste prys driegang ete wanneer jy kaartjies koop vir 'n onvergeetlike aand. Kaartjies, wat die driegang-aandete insluit, kos slegs R420. Ete begin 18:00.


Kom geniet 'n onvergeetlike aand. Ete begin 18:00. Show begin 20:00


Indien jy sommer in die historiese trein wil oorslaap, het ons beperkte trein kompartemente, wat elk maksimum slaapplek vir twee persone bied, met kontinentale ontbyt vir twee persone ingesluit, beskikbaar teen R440 per kompartement.


Vir meer inligting: +27 44 691 1995



Santos Express Train Lodge is privileged to welcome award-winning André Schwartz's successful performance "Any Dream will do – My Pad met Webber" to the new Stage Coach-Theatre on Wednesday, 23 October 2024. 


Packed theaters, standing ovations, rave reviews, and theater nominations across the country testify to the success of this production.

Tickets cost R180 for the show. You can buy the tickets online at https://qkt.io/AndreSchwartz or at the front desk of Santos Express Train Lodge in Munro Street, Santos Beach, Mossel Bay.


Just come and enjoy the show or book a fixed price three-course meal when you buy tickets for an unforgettable evening. Dinner begins at 18:00. Show begins 20:00.


In this Afrikaans-English production, Schwartz explores his relationship with all that Andrew Lloyd Webber is. A relationship that began when he first encountered Andrew's work at the age of 12 when he saw Joseph and his wonderful Technicolor Dream Coat. He uses this connection to Webber as well as further interactions as a platform to tell his own life story. Stripped. Raw. Vulnerable.



Schwartz's mother, who had a substantial influence on his life, is quoted as saying: "Weave your coat and create a tapestry of colors, let it shine as bright as you want it, dream what you want, even if dreams and reality become indistinguishable. You decide your own truth, but always remember your way home."


The narrative as well as songs, such as Any Dream will Do, You must love Me, Music of the Night, No Matter What, Memory and Send in the Clowns, weave together and form a unity that places this piece firmly in the genre of pure theatre. If you're expecting a "lounge music" version of one of these favorites, you're coming to the wrong show


Just come and enjoy the show or book a fixed price three-course meal when you buy tickets for an unforgettable evening. Tickets, which include the three-course dinner, cost only R420. Dinner begins at 18:00.


Come and enjoy an unforgettable evening. Dinner begins at 18:00. Show starts 20:00


If you want to sleep over on the train, we have limited compartments for two people with continental breakfast available for R440 per compartment. (One compartment, 2 people.)




For more information: +27 44 691 1995



Director: Matt Counihan

Musical Director: Bryan Schimmel. 

Piano: David Boverhoff

Ghitaar: Mauritz Lotz. 

MENU

U keuse uit die volgende :
STARTER
BOERE-BAISE - Tradisionele Franse seekos sop met plaaslike bestandele gemaak
MINESTRONE- ''n Geurige Italiaanse groente sop  (V)
HOOFGEREG
BOTTERVIS - met groenbone en aartappel wiggies
CORDON BLUE HOENDER - met romerige sampioen sousie en kraakvars groente
BEESKERRIE - met geurige rys, salsa en Naan
RISOTTO - gegeur met gepiekelde beet en bedien met gebakte parmesan skyfies (V)
NAGEREG
AARBEI KAASKOEK
HOT MUD PUDDING

* V = Vegetaries vriendlik





 

DIRECTIONS

André Schwartz: Any Dream Will Do – My pad met Webber
Stage Coach - Santos Express Train Lodge
Munro St, Santos Bay, Mossel Bay
Get Directions