FREE OPTIONS

Somerfees 2024 : Potjiekos - Kuns - Rugby

Sat Sep 28, 12:00 - Sat Sep 28, 20:00

Laerskool Jan Celliers

ABOUT

Somerfees 2024 : Potjiekos - Kuns - Rugby


Jan Celliers se Somerfees vind op Saterdag, 28 September plaas. Daar heers reeds groot opwinding oor dié geleentheid wat vanjaar met ons Kunsfees gekombineer word, asook die inwyding van die skool se splinternuwe astrobaan.


Die Somerfees is hierdie jaar die Laerskool se enigste fondsinsamelingsprojek. Sportpret op die astrobaan, ’n potjiekoskompetisie, ’n waterpretpark, ’n biertent, ’n mini-mark en opwindende kindervermaak word beplan. So ook ’n fliekaand vir die jongspan en die oprig van grootskerm-TV’s om die Springbokke tydens hul wedstryd teen Argentinië te ondersteun. Ons reël ’n fees vir oud en jonk, van kinders en ouers tot oumas en oupas.


Almal is welkom.

DIRECTIONS

Somerfees 2024 : Potjiekos - Kuns - Rugby
Laerskool Jan Celliers
Lower Park Dr, Parkview, Randburg, 2122, South Africa
Get Directions