Cape St. Francis Resort

Thu Dec 19, 19:00 - Thu Dec 19, 22:00

Cape St. Francis Resort

ABOUT

Cape St. Francis is een van die mooiste Fynbosbedekte omgewings van die Oos-Kaap


Ek het al baie op hierdie strand geloop en droom, ek onthou met my heel eerste toer in 2013 het ek hier opgetree, en om weer hier te kom musiek deel met julle is vir my soos 'n geskenk uit 'n ander wêreld.


Die venue is taamlik klein, en sit net 250 mense(as ons staan kan ons 300 inpas) maar die musiek gaan groot wees , so groot en wyd en vry soos die wêreld in en om jou!


Ek bring uitstekende musikante saam met my


Kom WEES saam by Cape St. Francis Resort


As jy jou mense wil bederf voor die show met van die beste seekos wat ek al geeet het, bespreek jou plek by Joe Fish(reg langs die venue) hier is die nommer - 042 298 0054


Daar sal 'n Bar beskikbaar wees by die venue self ook sodat jy nie te ver hoef te loop vir ietsie om te drink nie!



Daar sal stoele wees vir die wat wil sit, maar die jaar gaan jy dalk wil staan!



Daar is NET 250 kaartjies, en jy kan kies wat jy wil betaal tussen R150 (vir kinders tussen 7 - 12) volwassenes R200, R250 en R300.


Hierdie kaartjies is almal presies dieselfde, maar as jy voel jy wil meer betaal vir jou kaartjie omdat jy goeie musiek geniet, kan jy nou kies om dit te doen.




*kinders onder 6 is gratis en baie welkom!




En dan, die belangrikste: die SHOW BEGIN 19:30

DIRECTIONS

Cape St. Francis Resort
Cape St. Francis Resort
Da Gama Rd, Cape St Francis, 6312
Get Directions