Family friendly

Aanskou die mens

Sun Oct 13, 16:00 - Sun Oct 13, 17:15

NG Kerk Hermanus

ABOUT

Winand Grundling, bekroonde orrelis en wenner van drie Kanna-pryse, en die geliefde akteur en stemkunstenaar Johann Nel tree op Sondag 13 Oktober om 16:00 op in die NG Kerk Hermanus in die produksie Aanskou die mens. 'n Deel van die konsert se wins word geskenk aan die gemeente Winand improviseer op die orrel aan die hand van groot nuusgebeure in die geskiedenis, waaronder die Hindenburg-lugramp, die atoombomaanval op Hirosjima, die maanlanding, die eerste hartoorplanting, die dood van prinses Diana, die gebeure van 9/11, die Covid-19-pandemie en die Springbokke se Wêreldbeker-oorwinning in 2023. Johann dra die destydse brekende nuus van die spesifieke gebeurtenis voor en verskaf interessante en relevante inligting, terwyl bekende en verrassende temas op die orrel geïmproviseer word. Dié kombinasie sorg vir ’n intense en emosionele musiekreis deur ons onlangse geskiedenis wat ook die orrel se relevantheid as ’n "kommentator" op groot nuusgebeure beklemtoon. ’n Wye reeks van musiek word ingesluit – van klassiek tot kontemporêr. Die teks is geskryf deur die skrywer, joernalis en TV-aanbieder Erns Grundling, wat ook die produksie vervaardig. Aanskou die mens het in Maart vanjaar gedebuteer by die KKNK. Kaartjies kos R150 op Quicket of by die deur. Ondersteun asseblief hierdie fondsinsameling.

DIRECTIONS

Aanskou die mens
NG Kerk Hermanus
Church St, Hermanus, 7200
Get Directions