Family friendly
Meisie op 'n "Miesie"
Sun Nov 17, 12:00 - Sun Nov 17, 14:00
Coolmore
ABOUT
Drie musikante met waarskynlik meer verskille as ooreenkomste het een middag bymekaar gekom en gesels.
Baie gou het die idee ontstaan om ons kragte saam te span en iets unieks op die planke te bring.
Met Naomi Tagg se elektroniese musiekagtergrond en voorliefde vir movie soundtracks, Janette Rottcher se deeglike
klassieke agtergrond en voorliefde vir alternatiewe musiek en Lizanne Barnard se kabaret en musiekteater
agtergrond en liefde vir komponeer en verwerk, kon 'n samesmelting
definitief iets opwindend oplewer – en dit het.
MEISIE is die naam van hierdie trio en hulle is op 'n missie om gehore te boei met musiek en verhaaltjies uit hulle onderskeie geskiedkundige agtergronde, oor die vroue wat
hulle vooruit gegaan het en wat dit beteken om vandag vrou en musikant te wees.
Die dinge gebeur rondom die klavier met twee viole, fluit, perkussie, sang en baie pret, want as
drie meisies bymekaar kom kan dit net lekker wees!
MEISIE se lootsingskonsert "Meisie op 'n Miesie” vind plaas op Sondagmiddag 17 November om 14:00. Bring 'n span en
kom kuier saam by Coolmore - die lekkerste karaktervolle ouwereldse restaurant net buite Witrivier.
Kaartjies vir die show is beskikbaar op Quicket teen R160 per persoon. 'n Spesiale spyskaart met 'n aantal wonderlike disse en te drinke sal te koop beskikbaar wees.
MEISIE op 'n "MIESIE"
Three musicians with probably more differences than similarities got together one afternoon and chatted.
Very soon, the idea arose of starting to collaborate and to stage something unique.
With Naomi Tagg's electronic music background and love for movie soundtracks, Janette Rottcher's thorough classical background
and penchant for alternative music and Lizanne Barnard's cabaret and musical theatre background and love for composing and
arranging, a collaboration could definitely yield something exciting – and it has.
MEISIE is the name of this trio - meaning GIRL, and they are on a mission to captivate audiences with music and stories from
their respective historical backgrounds, about the women who preceded them and what it means to be a woman and musician today.
The performance happens around the piano with two violins, flute, percussion, singing and lots of fun because when three girls get together
it can only be fun!
MEISIE's launch concert "Meisie op 'n Miesie" will take place on Sunday afternoon 17 November at 14:00. Bring a team and hang out together at Coolmore – the most fun characterful old-world restaurant just outside White River.
Tickets for the show are available on Quicket at R160 per person. A special menu with a number of wonderful dishes and drinks will be
available for purchase.