Koos Kombuis en vyande

Tue Oct 1, 20:30 - Fri Oct 4, 21:20

HMS Bloemhof-sentrum

ABOUT

Met Koos Kombuis, Anton Goosen, Valiant Swart, Gert Vlok Nel, Hanepoot van Tonder, Nicole Holm, Liza Joubert, Anton L’Amour, Schalk Joubert, Dagga-Dirk Uys en ander


Koos Kombuis se aweregse en uitgesproke gedrag het oor die jare tot vele vetes en vyande gelei, maar die strydbyle is een vir een begrawe soos hy gryser en wyser geword het (of dalk nie). Kom luister wie het die toets van die tyd deurstaan wanneer musieklegendes soos Anton Goosen, Valiant Swart, Gert Vlok Nel en lede van die Gereformeerde Blues Band en die Warmblankes by hom aansluit. Selfs sy beroemde “Lisa” gaan vir die eerste keer saam met Koos kom klavier speel!


Musiekregisseur Schalk Joubert


Ouderdomsbeperking: OB 13





DIRECTIONS

Koos Kombuis en vyande
HMS Bloemhof-sentrum
35 Rhodes N Ave, Die Boord, Stellenbosch, 7613, South Africa
Get Directions