No under 13s

OUMA IS OP PAD - Met Margit Meyer-Rödenbeck (Komedie @ Die Centurion Teater)

Sun Oct 20, 15:00 - Sun Oct 20, 16:15

Die Centurion Teater

ABOUT

 

OUMA IS OP PAD!

 

Met: Margit Meyer-Rödenbeck & Coenraad Rall(klavier)

Teks/Lirieke en Regie: Jurgen Human

 

Dowwe Dolla se Ouma het eintlik saam met Dolla afgetree einde 2021. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee? En toe besluit Ouma sy het NOG ‘n paar dinge om kwyt te raak.

 

Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld is sy ? formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. Met die dat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daar is baie dinge wat sy nie Ken nie, En “takt” is een van hulle.


Rafiek Mammon skryf in Die Burger van 29 Maart met Ouma se opening by die KKNK 2024: “Meyer-Rödenbeck is nou maar eenmaal ‘n staatmaker- op soveel vlakke. As aktrise stel sy nooi teleur nie; nog minder as komediant. En nog minder as intelligente waarnemer van van die menslike toestand. Meng dit met storievertellery uit die boonste rak, dan is jy mos in komediehemel. Ek praat nou Tolla van der Merwe en Jan Spies se vernuf as storievertellers.”

DIRECTIONS

OUMA IS OP PAD - Met Margit Meyer-Rödenbeck (Komedie @ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions