No under 18s

Hoofseun - Tollie Parton (Splinternuwe Show @ Die Centurion Teater)

Fri Nov 15, 19:30 - Sat Nov 16, 20:45

Die Centurion Teater

ABOUT

Hoofseun is ‘n komiese, hoogs aansteeklike, semi-aanstootlike kykie na wat dit werklik beteken om ‘n klein Afrikaanse dorpie se verwagtinge in die gesig te staar, as ‘n drag queen. Wynand Kotze, Vanrhynsdorp se voormalige hoofseun, is nou ‘n fopdosser met die naam Tollie Parton. Hoe gegeur so iets? En die grootste vraag van almal: Hoekom bly mense dink sy is Casper de Vries met (groter) pramme?


Hoofseun is die nuutste stand-up comedy vertoning deur drag-superster Tollie Parton. Die show is propvol persoonlike stories oor haar dae as hoofseun, haar familie, en haar ervaringe binne die Afrikaner-gemeenskap; En ten spyte van die feit dat niemand daarvoor gevra het nie, stel Tollie die land bekend aan haar nuwe sokkie “treffer”. Van Hoofseun na Hoofmeisie. Hier kom vetpret! Skuus, mens mag nie meer vet sê nie. Die pret het 'n growwe beenstruktuur.

DIRECTIONS

Hoofseun - Tollie Parton (Splinternuwe Show @ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions