Posduif live by Kapstadt Brauhaus Stellenbosch

Tue Sep 24, 20:00 - Tue Sep 24, 21:15

Kapstadt Brauhaus Stellenbosch

ABOUT

Posduif is 'n ses-stuk Suid-Afrikaanse musiekgroep wat 'n boodskap van hoop bring. Hulle vier graag samesyn en goeie tye, en glo in outentieke, opregte en toeganglike waardes. Hulle is 'n uitstekende groep wat kwaliteit musiek vir goeie mense maak.


Slegs 'n paar maande na die vrystelling van hul debuutalbum, Niks Vergelyk, het hierdie ongelooflike groep musikante 'n opnamekontrak met die legandariese Kosie van Niekerk en Select (Sony) losgeslaan en 'n SAMA vir Beste Pop Album gewen.


Alhoewel hulle in 2018 gestig is, het hierdie groep talentvolle musikante in 2019 ontplof met hul treffer Brandy Special. Hierdie liedjie het reeds meer as 500 000 mense op sosiale media aan die dans gekry.


Hierdie unieke en energieke groep word met ope arms op van Suid-Afrika se gewildste verhoë ontvang. Die afgelope twee jaar het Posduif skares laat saamsing en dans by plekke soos Weiveld, Heroes, Padstal en The Daisy Jones Bar.