Family friendly

Luna Paige

Sat Dec 21, 17:30 - Sat Dec 21, 20:30

Perron 25

ABOUT

Perron 25 is opgewonde om aan te kondig dat ons vir die “Musiek, Sterre en Vriende” somer konsertreeks die nuwe Afrikaanse sensasie, Luna Paige, na Kleinmond gelok het. Luna is ‘n hoogsuksesvolle kunstenaar wat gehore in Suid-Afrika én Europa bekoor.


Hierdie seisoen gaan sy ons wegvoer op ‘n musikale reis wat jou nie ongeraak sal laat nie. ‘n Optrede van Luna Paige mag beslis nie oorgeslaan word nie!


Nooi jou vriende en familie uit om hierdie besondere aand saam te geniet.


Bring jou piekniekmandjie en vloeibare verversings saam, of bestel van ons heerlike pizza’s en wyn wat op die spyskaart in die skakel beskikbaar is. Moet dit nie misloop nie!


Wil jy deel word van die stasiegemeenskap ? Gebruik die skakel hieronder en word deel van die volgende rit.


https://linktr.ee/perron25

DIRECTIONS

Luna Paige
Perron 25
Get Directions