No under 13s

Margit Meyer-Rödenbeck aka Dowwe Dolla se "OUMA IS OP PAD" met bekende Coenraad Rall op klavier. (Geen onder 14; komedie/kabaret).

Wed Nov 6, 20:00 - Wed Nov 6, 21:30

Stage Coach - Santos Express Train Lodge

ABOUT

Santos Express Train Lodge is bevoorreg om die bekroonde Margit Meyer-Rödenbeck aka Dowwe Dolla se suksesvolle komedie-kabaret-vertoning, "OUMA IS OP PAD", op Woensdag, 6 November 2024, in ons nuwe Stage Coach-Teater te verwelkom.


Kaartjies kos R200 vir die vertoning. Jy kan die kaartjies aanlyn koop by https://qkt.io/AndreSchwartz of by die ontvangskantoor van Santos Express Train Lodge in Munro Straat, Santos-strand, Mosselbaai


Kom geniet net die show òf boek 'n vaste prys driegang ete wanneer jy kaartjies koop vir 'n onvergeetlike aand. Ete begin 18:00. Show begin 20:00.


OUMA IS OP PAD (Geen onder 14)- komedie/kabaret

 

Met:   Margit Meyer-Rödenbeck & Coenraad Rall(klavier)

Teks/Lirieke en Regie: Jurgen Human

 

 

Dowwe Dolla se Ouma het eintlik saam met Dolla afgetree einde 2021. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee? En toe besluit Ouma sy het NOG ‘n paar dinge om kwyt te raak.

 

Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld is sy ? formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. Met die dat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier.


Ouma is ‘n Knersvlakte nooi en sy is nou op pad ... om ’n paar nuwe herinneringe te gaan maak. Sy kuier in Hermanus by haar seun, waar sy en 'n pizza afleweringsman ‘n komplot smee teen haar skoondogter se chiuaua. In Pringlebaai lees sy die gedagtes van 'n bobbejaan-mannetjie en op die Oppiewaterfees-skip vertel sy vir die "incheck-parade"-mannetjie, wat hy kan doen met sy Covid-vorms. En in Stellenbosch wonder sy en haar oud-kamermaat of hulle nie dalk weer n draai by Wilgenhof moet gooi nie..


Ouma kom met hierdie toer agter daar is baie dinge wat sy nie ken nie, en "takt" is een van hulle.


Rafiek Mammon skryf in Die Burger van 29 Maart met Ouma se opening by die KKNK 2024:


“Meyer-Rödenbeck is nou maar eenmaal ‘n staatmaker- op soveel vlakke. As aktrise stel sy nooi teleur nie; nog minder as komediant. En nog minder as intelligente waarnemer van van die menslike toestand. Meng dit met storievertellery uit die boonste rak, dan is jy mos in komediehemel. Ek praat nou Tolla van der Merwe en Jan Spies se vernuf as storievertellers.”

 


Kom geniet net die show of boek 'n vaste prys driegang ete wanneer jy kaartjies koop vir 'n onvergeetlike aand. Kaartjies, wat die driegang-aandete insluit, kos slegs R440 per persoon. Ete begin 18:00.


Kom geniet 'n onvergeetlike aand. Ete begin 18:00. Show begin 20:00.


Indien jy sommer in die historiese trein wil oorslaap, het ons beperkte trein kompartemente, wat elk maksimum slaapplek vir twee persone bied, met kontinentale ontbyt vir twee persone ingesluit, beskikbaar teen R440 per kompartement.


Vir meer inligting: +27 44 691 1995



Dowwe Dolla's Grandma actually retired with Dolla at the end of 2021. But now everyone wants to know who was that aunt who could be so offended? And then Grandma decided she had a few more things to do.

 

Grandma comes from Garies and like most people of that world she is a formidable woman. In the Knersvlakte you don't grow up with luxuries like turning diapers. She has already buried two men but her neighbours suspect the last one just dozed off. With the fact that her granddaughter now works in the city, and she has to visit now and then.


Grandma is a Knersvlakte local and she's on her way now... to go and make some new memories. She hangs out in Hermanus with her son, where she and a pizza delivery man forge a plot against her daughter-in-law's chihuahua. In Pringle Bay she reads the thoughts of a baboon male and on the Peak Water Festival ship she tells the "check-in parade" male, what he can do with his Covid forms. And in Stellenbosch, she and her ex-roommate wonder if they shouldn't throw another visit to Wilgenhof.




Grandma comes up with this tour finding out there are a lot of things she doesn't know, and "tact" is one of them.


Rafiek Mammon writes in Die Burger of 29 March with Ouma's opening at the KKNK 2024:



 "Meyer-Rödenbeck is once a stalwart on so many levels. As an actress, she doesn't disappoint; even less so as a comedian. And even less than intelligent observer of the human condition. Mix it up with top-shelf storytelling, then you're in comedy heaven. I now speak Tolla van der Merwe and Jan Spies' skills as storytellers."



Just come and enjoy the show or book a fixed price three-course meal when you buy tickets for an unforgettable evening. Tickets, which include the three-course dinner, cost only R450. Dinner begins at 18:00.


Come and enjoy an unforgettable evening. Dinner begins at 18:00. Show begins 20:00.


If you want to sleep over on the historic train, our limited train compartments, each accommodating two persons, with continental breakfast for two persons included, are available at R440 per compartment.



For more information: +27 44 691 1995


MENU

U keuse uit die volgende :
STARTER
BOERE-BAISE - Tradisionele Franse seekos sop met plaaslike bestandele gemaak
MINESTRONE- ''n Geurige Italiaanse groente sop  (V)
HOOFGEREG
BOTTERVIS - met groenbone en aartappel wiggies
CORDON BLUE HOENDER - met romerige sampioen sousie en kraakvars groente
BEESKERRIE - met geurige rys, salsa en Naan
RISOTTO - gegeur met gepiekelde beet en bedien met gebakte parmesan skyfies (V)
NAGEREG
AARBEI KAASKOEK
HOT MUD PUDDING

* V = Vegetaries vriendlik





 

DIRECTIONS

Margit Meyer-Rödenbeck aka Dowwe Dolla se "OUMA IS OP PAD" met bekende Coenraad Rall op klavier. (Geen onder 14; komedie/kabaret).
Stage Coach - Santos Express Train Lodge
Munro St, Santos Bay, Mossel Bay
Get Directions