Netwerk24: Wat's Nuus met Mia Spies - Gqeberha

Wed Oct 23, 08:00 - Wed Oct 23, 11:30

Boardwalk Hotel, Casino and Convention Centre

ABOUT

Netwerk24 rits deur die land vir ‘n paar lesersontbyte en jy is uitgenooi!


Kom luister en kuier saam met Netwerk24 by 'n lekker ontbytgesprek in Gqeberha op 23 Oktober 2024:


Suid-Afrika se Ongekende Pad: Beweeg ons in die regte rigting?

Dit is ‘n opwindende nuusjaar in Suid-Afrika. Ná die Mei-verkiesing het die land in 'n heel nuwe rigting beweeg, maar die rigting is ongekarteer, wat beteken dat groot besluite en onderhandelinge aan die orde van die dag is.


Is Suid-Afrika op koers na 'n beter bestemming vorentoe, of is die ongekende terrein onheilspellend? Mia Spies gesels met Willem Jordaan, redakteur van Die Burger en voormalige politieke joernalis, Inge Kühne, redakteur van Rapport en gesoute joernalis, en Cara-Lee Scheun, ’n Netwerk24-verslaggewer in die Oos-Kaapse kantoor, om sin te maak van die situasie en al jou kopkrapvrae te beantwoord.


Daarmee saam gaan lekker musiekvermaak tussendeur die oggendprogram afrond.


Wat moet jy weet?

Die ontbytgesprek begin om 08:00 vir 08:30 in die Boardwalk-hotel in Summerstrand.

Kaartjies kos R200 per persoon en sluit 'n ontbyt, koffie en tee in.


Jou kontak: Stuur e-pos na [email protected] vir meer inligting.

DIRECTIONS

Netwerk24: Wat's Nuus met Mia Spies - Gqeberha
Boardwalk Hotel, Casino and Convention Centre
Beach Rd, Summerstrand, Gqeberha, 6001
Get Directions