No under 13s

Luna Paige met TUISKOMS by die Afrikaanse Taalmonument

Fri Oct 18, 19:30 - Fri Oct 18, 22:00

Afrikaanse Taalmonument - Besoekersentrum

ABOUT

Vrydag, 18 Oktober

Venue: Paarl, Die Afrikaanse Taalmonument, Besoekersentrum / Monument Podium

Aandete / Dinner: Beskikbaar by die Suikerkan Bistro vanaf 18:00 / Available at the Suikerkan Bistro from 18:00

Vertoning / Show: 20:00

Komplimentêre drankie by aankoms vanaf 19:30. Complimentary drink upon arrival from 19:30.

R180pp via Quicket



Meer oor die vertoning:


In April 2024 het Luna Paige die ondenkbare gedoen – sy het nie net een album vrygestel nie, maar twee. Een in Engels, en een in haar moedertaal, Afrikaans. Die vrystelling het 'n uitgebreide mediaveldtog en drie eksklusiewe orkesoptredes behels (twee in die Wes-Kaap en een in Gauteng). Daarna het sy Suid-Afrika verlaat vir 'n reis van drie maande in Europa. Gedurende die laaste maand (Augustus) van haar reise, het sy klein optredes in Nederland gedoen - waar sy stadig, maar seker, weer die Europese leisels na die pandemie opgeneem het. Met haar terugkeer na Suid-Afrika, slaan Luna die langpad met haar TUISKOMS / COMING HOME toer. In hierdie solotoer sal sy Suid-Afrikaanse aanhangers wat die albumbekendstellings in April misgeloop het, die geleentheid bied om haar twee albums "Dis die dors" en "Harmony" eerstehands te ervaar. Wat hierdie toer besonders sal maak, is die intieme aard van haar optredes - tot op die been gestroop, eerlik, rou - soos die liedjies toe sy hulle geskryf het - hetsy op 'n bergkrans in Calitzdorp, langs die Bergrivier in Velddrif, of vanaf die rusbank na sy die nuus van die dag gekyk het. Luna sal die musiek ná haar optredes in USB-formaat verkoop, asook spesiaal-gemaakte Luna Paige-notaboeke met uittreksels uit haar liedjies. Om 'n paar onderhoude te lees, klik hier:

 

Interview with Diane de Beer, renowned music journalist and critic

Onderhoud met Izak de Vries oor "Dis die dors" - Luna se nuwe Afrikaanse album

Interview with Izak de Vries about Luna's new English album, "Harmony"

 

Loer gerus na Luna se musiekvideos:


I'D RATHER BE ALONE: https://www.youtube.com/watch?v=BUjUxncNY_A

DIS DIE DORS: https://www.youtube.com/watch?v=BghIvRP7Ux8

 

In English:


LUNA PAIGE - COMING HOME


In April 2024 Luna Paige did the unthinkable - she released not only one album, but two. One in English, and one in her mother-tongue, Afrikaans. The release entailed an extensive media campaign and three exclusive band performances (two in the Western Cape and one in Gauteng) before she left South Africa for a three-month traveling stint in Europe. During the last month (August) of her travels she did small gigs in the Netherlands - slowly taking up the European reins after the pandemic. Upon her return Luna will be hitting the South African circuit with her TUISKOMS / COMING HOME TOUR. In this solo tour she will introduce South African fans who missed the opportunity to attend her album launches in April, to her two albums "Dis die dors" and "Harmony". What will make this tour special, is the intimate nature of her performances - stripped to the bone, honest, raw - as the songs were, when she wrote them, whether on a mountain top in Calitzdorp, next to the Berg River in Velddrif, or from the couch after watching the news of the day. Luna will have the music available in USB format after her performances, as well as specially-made Luna Paige notebooks, all of which you can take home after the show. To read some interviews click here:


Interview with Diane de Beer, renowned music journalist and critic

Onderhoud met Izak de Vries oor "Dis die dors" - Luna se nuwe Afrikaanse album

Interview with Izak de Vries about Luna's new English album, "Harmony"

 

Have a look at these music videos:

 

I'D RATHER BE ALONE: https://www.youtube.com/watch?v=BUjUxncNY_A

DIS DIE DORS: https://www.youtube.com/watch?v=BghIvRP7Ux8

DIRECTIONS

Luna Paige met TUISKOMS by die Afrikaanse Taalmonument
Afrikaanse Taalmonument - Besoekersentrum
Gabbema Doordrift St, Paarl, 7646
Get Directions