Family friendly

Luna Paige Tuiskoms Toer

Sat Nov 2, 18:00 - Sat Nov 2, 19:20

The Showroom Theatre

ABOUT

In April 2024 het Luna Paige die ondenkbare gedoen – sy het nie net een album vrygestel nie, maar twee. Een in Engels, en een in haar moedertaal, Afrikaans. Na die vrystelling van die twee albums en 'n gepaardgaande mediaveldtog, het sy Suid-Afrika verruil vir drie avontuurlustige maande in Europa. Gedurende die laaste maand (Augustus), het sy klein konserte in Nederland gehou - waar sy stadig, maar seker, weer die Europese leisels na die pandemie opgeneem het. 


Met haar terugkeer na Suid-Afrika, slaan sy die langpad met haar TUISKOMS / COMING HOME toer. Suid-Afrikaanse aanhangers wat die albumbekendstellings in April misgeloop het, kry nou die geleentheid om haar twee albums "Dis die dors" en "Harmony" eerstehands te ervaar. Wat hierdie toer besonders maak, is die intieme aard van haar optredes - tot op die been gestroop, eerlik, rou - soos die liedjies toe sy hulle geskryf het - hetsy op 'n bergkrans in Calitzdorp, langs die Bergrivier in Velddrif, of vanaf die rusbank na sy die nuus van die dag gekyk het.


Luna sal die musiek ná haar optredes in USB-formaat verkoop, asook spesiaal-gemaakte Luna Paige-notaboeke met uittreksels uit haar liedjies.

DIRECTIONS

Luna Paige Tuiskoms Toer
The Showroom Theatre
43 Church St, Prince Albert, 6930
Get Directions