Family friendly

Boeke & Musiek met Churchil Naudé, Jackie & Riku Lätti

Sat Oct 5, 13:00 - Sat Oct 5, 15:00

Flagstone Wines

ABOUT

Afrikaanse musiek oorspronklik en eerlik, soos dit hoort, op sy heel beste. Magtige woorde met magiese melodië wat na ons wêreld loer met nuwe oë. Staan Nader, Op die maan, Smoorverlief en Hoofstroom en nog vele lekker liedere wat die hart voed en behoed.


Geen twee Wasgoedlynkonserte is dieselfde nie.  Daar is wel 'n paar konstantes:   Geen opgesmuktheid, net rou, ongerepte musiek, gespeel deur die skeppers self met die hart op die mou, en voila, 'n towerwêreld van oorspronklike klank en liriek is telkemale gebore uit die niet.   Churchil Naude (Rymkletser, Mitchell's Plain), Riku Lätti (Pianis, Kitaarspeler, liedjieskrywer, vervaardiger en sanger),   Jackie Lätti (Sanger/Skrywer/Stemkunstenaar)  Elkeen 'n ster; elkeen 'n medepligtige om die ander te laat skyn. Die Wasgoedlyn bring immers talent na 'n omgewing met die doel om die talent in die omgewing ook aan die lyn te hang.  Samewerking en verspreiding en viering van die skeppende kunste is 'n groot deel van doelwitte van die Wasgoedlyn.


Mense ken al heelwat van die Trio se musiek maar vir die wat nog nie van Churchil Naudé gehoor het nie luister gerus na:

  Churchil Naude - Onse Vaders (Ft. Riku Lätti)

of na sy samewerking saam met Bacchus Nel

Churchil Naude & Bacchus Nel - Slat My Met Jou Pyn

Churchil het ook die mense gaande met sy treffer “Staan Nader” soos gehoor op RSG. 

Churchil Naude & Wasgoedlyn: Staan Nader (Live)


Riku Lätti is bekend vir sy musiek in films soos Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom

Ware Rykdom - Riku Lätti (feature film: Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom)

Riku Latti & Piet Botha - Heilig (Live onder Hangklip)

Riku Lätti - Lewende Sonskyn (Live)

Die Kaappunters - Rietkooinooi(nuwe werk wat ons doen)

Jackie Lätti: I Want You Dead (Riku & Jackie Lätti saam die MarkTunes Band)

Hoofstroom

Smoorverlief - Riku en Jackie Lätti en die MarkTunes Band (Live in Yzerfontein)



Drie skrywers, drie boeke

Riku Lätti, Churchil Naudé en Jackie Lätti

Taboek, Drol in die Drinkwater & Anne van Green Gables


Die Driekuns skrywers lees voor en gesels oor hul boeke. Twee uiteenlopende digbundels Taboek, wat tans opspraak verwek en Drol in die drinkwater wat die kritici gaande gehad het. Asook die geliefde vertaling van Anne van Green Gables wat tans ook daagliks op RSG uitgesaai word.



Kom geniet ‘n middag saam met die drie skrywers wat sal lees uit hul nuwe werke asook gesels oor die skep daarvan.  


Jackie Lätti se boek, die Afrikaanse vertaling van Anne van Green Gables, het 5 ster resensies ontvang. Anne word tans op RSG elke weeksoggend voorgelees om 10H45. Die vertaling is kleurryk en vol vars beeldspraak wat die boek vir ‘n Afrikaanse gehoor eien.  

Koos Kombuis noem dit “een van die beste vertalings wat ek nog ooit gelees het”. Luister gerus wat hy alles verder daaroor te sê het: Boeke wat vir Koos Kombuis lekker is

Luister ook solank na ‘n stukkie soos net Jackie dit kan voorlees.Anne van Green Gables - gelees deur Jackie Lätti


Taboek deur Riku Lätti het so pas verskyn en reeds is die woord uit dat dit “monumentale werk” is. Dit is Riku se lewensfilosofie in digvorm uiteengesit as gesprekke tussen innerlike stemme. Dana Snyman sê daaroor: “aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid. ’n Boek waarna ek telkens sal terugkeer om naby die aarde en werklikheid te bly om nie te gryp na die warm lug van dogma en onwetenskaplike verduidelikings van bestaan nie.”


Churchil Naudé se digbundel se titel Drol in die Drinkwater het verskuiwings in die literêre wêreld veroorsaak. Hy bewys nie net dat hy die uitmuntend in standaard Afrikaans dig nie, maar ook in Kaaps Afrikaans wat die grense tussen die twee afbreek en Afrikaans as ‘n groter, magtiger taal uit die saak laat tree. “Liefde in lorries”, woorde wat smeek, preek, lag en huil en ons almal mens laat voel. Wat die menslikheid van die gene aan die anderkant van die draad ook insien, erken en betrek. Uitstekende boek om te hê in die landskap waar ons vandag wil kyk na die ware omvang van Afrikaans.

Die resensie by https://versindaba.co.za/2021/01/11/71449/ sê onder andere:

Hoewel die verse in geskrewe vorm volkome as selfstandige poësie slaag, verkry dit tog ? ekstra emotiewe betekenislaag wanneer dit gerymklets word. Die verse is duidelik nie veronderstel om bloot tussen die blaaie van die bundel vasgevang te bly nie en wíl verbaal vrygestel word ten einde gehóór en liggaamlik belééf te word. Met Drol innie drinkwater neem Churchil Naudé uiteindelik sy volwaardige plek as digter in die Afrikaanse letterkunde in. 


So kom kyk hoe word hierdie woorde lewendig en deel saam met ons in die genot van ‘n lewende letterkunde met Riku, Jackie en Churchil in lewende lywe. 


Die trippelboekbekendstelling beloof om ‘n baie interaktiewe affêre te wees. Enige iemand wat enige vrae het vir enige of al drie die skrywers sal welkom wees om die vrae te stel, of die publiek is ook welkom om enige versoeke te openbaar as daar iemand is wat graag ‘n sekere vers of stukkie prosa wil hoor is welkom om dit aan te vra. Soveel as wat die tyd ons toelaat, want musiek sal verseker die laaste sê hê.