Family friendly

Piekniek met die sterre!

Sat Nov 30, 18:00 - Sat Nov 30, 21:00

Afrikaanse Taalmonument

ABOUT


’n Hemelse lenteaand met ’n trio van klankkunstenaars gaan binnekort die Taalmonument se intieme Tuinteater in ’n eenmalige moet-hoor-ervaring onder die sterreprag omtower. Die gewilde en bekroonde Refentse, Elandré én Andriëtte se piekniekkonsert op Saterdag, 30 NOVEMBER 2024, is boonop die hoogtepunt van ’n dag om die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 50ste bestaansjaar in te lei met die bekendstelling van ’n fantastiese feesprogram vir 2025.


?Gaste is welkom om hul eie pieknieks en drankies (geen glas) te bring of vooraf ’n piekniekmandjie by die Suikerkan via 082 216 2510 of [email protected] te bestel – hierdie bistro sal ook verversings tydens die geleentheid verkoop. Onthou warm klere en ? flits. Helaas word geen honde, vure of stoele toegelaat nie. Volop veilige parkering is gratis beskikbaar. Vir die kinders is daar ook speelparke en buitelugspeletjies.

 

Die konsert vind by die Taalmonument op Paarlberg vanaf 18:00 tot 21:00 plaas (hekke open om 17:00) en kos slegs R280 per persoon, wat ? gratis besoek aan die monument en die pragtige, inheemse tuine insluit. Om die belewenis so uniek moontlik te hou, is beperkte kaartjies beskikbaar, dus bespreek so gou moontlik aanlyn by quicket.co.za. Indien enige kaartjies oorbly, sal dit by die hek vanaf 17:00 te koop wees. Vir navrae, kontak Stefanie Rasztabiga via 021 872 3441 of [email protected]

DIRECTIONS

Piekniek met die sterre!
Afrikaanse Taalmonument
Gabbema Doordrift St, Paarl, 7646
Get Directions