Family friendly

Gala Konsert 2024

Fri Nov 8, 19:00 - Fri Nov 8, 21:00

NG Kerk Parys Suid

ABOUT

Die Stéfan Louw Sangskool in Parys bied aan die jaarlikse Gala Konsert waar studente die geleentheid kry om hul talent met familie, vriende, en die gemeenskap te deel. Tydens dié konsert word die Student van die Jaar aangewys, 'n titel wat slegs beskore is vir daardie een student wat nie net talentvol is nie, maar wat besonderse vordering in alle aspekte van sang en uitvoerings getoon het gedurende die jaar.


Die gehoor kan uitsien na 'n verskeidendheid van genres - alles van moderne Kontemporêre Pop tot Goue Oues.


Die studente van die Sangskool is:


Caylin Tolmay

Fleur Walt-Vermaak

Gerrit Gouws (Student van die Jaar 2023)

Lappies Labuscagne

Ken Evans

Lisa Venter

Susan Venter

Walter Bell

Werner van Coller (Student van die Jaar 2022)


Kaartjies kos R150 vir skoolgaande kinders en R270 vir volwassenes.


Vir navrae WhatsApp asseblief vir Marisa op 0649635386, of kontak die student direk as jy 'n familielid of vriend is.


Konsert web blad: www.stefanlouw.com/gala

DIRECTIONS

Gala Konsert 2024
NG Kerk Parys Suid
86 Delver St, Parys, 9585
Get Directions