Jou Ma Se Platespeler with Misery Loves Company

Mon Nov 4, 19:00 - Mon Nov 4, 20:45

Studio 42

ABOUT

Studio42, Sedgefield

Maandag 4 November 2024, 7nm

R200 kaartjies by Quicket


jy laat val die naald

die genesing loop deur jou are

die kamer begin draai

die wêreld vervaag...


Daar is niks wat 'n kultuur meer bind as 'n goeie rugbywedstryd nie, behalwe sy musiek! In Jou Ma Se ... Platespeler kyk ons na Afrikaanse musiek teen die agtergrond van veranderende tegnologie - van "seven singles" tot streaming en alles tussenin - asook die veranderinge in ons land wat 'n nuwe stem aan Afrikaanse kunstenaars gegee het.


Sluit aan by Kristo Zondagh, Kerry Hiles en Rob Thompson in 'n twee uur viering van SA se beste Afrikaanse liedjies. 


you drop the needle

the healing courses through your veins

the room begins to spin

the world fades away...


There's nothing that binds a culture more than a good rugby match except its music! In Jou Ma Se ... Platespeler we look at Afrikaans music against the backdrop of changing technology - from seven singles to streaming and everything in between - as well as changes in our country, which gave a new voice to Afrikaans artists. 


Lees die resensies!


Ek het "down memory lane" gegaan …. van liedjies wat oupa op 'n Sondag op die platespeler vir ons gespeel het, tot waar ek en boetie baklei het oor wie se kasset in die motor gespeel gaan word oppad skool toe (gelukkig het ons "walkmans" gekry om daardie probleem op te los!), tot waar pappa sy Smokey en Billy Joel op Hoërskool koshuis (daarna op CD’s) vir 2 ure elke Vrydag en Sondag gespeel het, vir 5 jaar. Die goeie ou tye saam met familie en vriende. Ons jonger generasie neem nie altyd in ag hoe spesiaal en uniek ons Afrikaanse moeder taal is nie. Vanaand was ons Afrikaanse musiek kultuur, van begin tot einde, aan die brand, uitstekend. Weereens baie dankie. Dankbaar en so bevoorreg.

-Elmica Terblanche, Stilbaai


Dit was voorwaar ‘n treffende aand! Die musiek-keuses was tops, die kunstenaars uiters bekwaamd, en my Afrikanerbloed bruis in my are!

- Saskia, Sedgefield


‘n twee-ure voelvlug van amper 100 jaar se Afrikaanse musiek; ‘n vertoning wat oud en jonk kan geniet. Die storielyn maak die vertoning meer as bloot net ‘n replica van Afrikaanse treffers. Hulle sangtalent gekombineer met Kerry se baskitaar, Rob se akoustiese en elektriese kitare en Kristo se tromme gee nuwe lewe aan ou bekendes. ‘n Vertoning wat jy nie moet misloop nie.

- Fire Roasted Coffee, Albertinia


Wat ‘n energieke en talentvolle groep jong musikante om te kon geniet en waardeer gisteraand! Elkeen meesters met hul instrumente! Hulle het die gehoor op ‘n chronologiese toer deur Afrikaanse musiek oor die jare geneem. Van 1930 tot 2024. Van Chris Blignaut tot Karen Zoid. Deur al die fases, bewegings en genres in die musiekwêreld van die taal. Die vertolking van elke kunstenaar se werk skitterend aangebied. Hierdie was ‘n onvergeetlike ervaring, 'n opwindende belewenis!

- Chris Jooste, Somerset-Wes


Rob tokkel die kitare met 'n passie en perfeksie. Kerry het 'n ongelooflike klokhelder warm en ryk stem. Kristo speel die dromme met soveel intensiteit en tog sensitiwiteit dat jy nie kan help om jou voete te wikkel nie. 'n Trio wat nog groot musikale hoogstes kan bereik. Ek hoop hulle kry die erkenning wat hul verdien. 'n Program wat absoluut waarde vir geld was. Die storielyn was treffend met 'n komiese kinkel op die regte tye. Hoogs aanbeveel.

- Charmaine Rossouw, Somerset-Wes


Good singing and music. – enjoyed the nostalgic and humorous trip to South Africa’s past as only Afrikaans can capture, thank you

- anon







DIRECTIONS

Jou Ma Se Platespeler with Misery Loves Company
Studio 42
Sedgefield, 6573
Get Directions