Family friendly

“Kom hang ’n bietjie saam aan Die Wasgoedlyn!” - Petronel Baard, Riku en Jackie Lätti, en Hanru Niemand

Fri Sep 27, 20:00 - Fri Sep 27, 21:00

Stage Coach - Santos Express Train Lodge

ABOUT

“Kom hang ’n bietjie saam aan Die Wasgoedlyn!” met Petronel Baard, Riku en Jackie Lätti, en Hanru Niemand


Vrydag, 27 September  2024, 19:00.


Die kabaretis, musikant, liedjie-skrywer en sanger, Petronel Baard, kuier op Vrydagaand, 27 September, saam met die musiek-legendes, Riku en Jackie Lätti asook Hanru Niemand by die nuwe “Stage Coach” van Santos Express in Mosselbaai.

Hulle gaan almal saam so bietjie aan “Die Wasgoedlyn” hang.

“Die Wasgoedlyn” is ’n welbekende  musiekbeweging van Riku Lätti - nou ook ’n TV-reeks op E-TV – met die konsep dat verskillende musikante die verhoog deel en vrolik saam musiek maak en stories deel.

Petronel vertel dat vandat sy ’n jong sangeres was, Riku se lied “Onder jou Asem” haar altyd bygebly het en onlangs het sy en  Riku ook by die unieke Prins Albert Leesfees, die sonsopkoms vir ’n spesiale digkuns-geleentheid besing. Nou hang hulle weer saam aan Die Wasgoedlyn.

Riku en sy vrou, Jackie Lätti, asook Hanru Niemand, is beide gepubliseerde skrywers en gaste kan uitsien na ’n aand van wonderlike Afrikaanse, digterlike musiek vol harmonie. Ook lekker lag, want humor is nooit ver nie.

 

Met die ongelooflike musikale talent van Hanru Niemand ook op die verhoog, ’n stem wat stil-stil sedert 2003 Afrikaanse gehore bekoor met sy stories en musiek, sal gehore ’n aand van besonderse Afrikaans beleef.

Dié vier kunstenaars deel  ’n hegte band in die kunste. Hulle is almal interessante, talentvolle mense. So, tussen ’n lag, traan, heerlike kos en wyn van die Santos Express en gasvryheid van The Stage Coach, is dit die ideale  vakansiekuier op ’n Vrydagaand in die lieflike Mosselbaai, vol kultuur.


Kaartjies is slegs R100 per persoon.

 

Vir meer inligting bel asseblief: +27 44 691 1995

DIRECTIONS

“Kom hang ’n bietjie saam aan Die Wasgoedlyn!” - Petronel Baard, Riku en Jackie Lätti, en Hanru Niemand
Stage Coach - Santos Express Train Lodge
Munro St, Santos Bay, Mossel Bay
Get Directions