No under 18s

VROUENETWERK ONTBYT, Durbanville

Fri Nov 1, 08:30 - Fri Nov 1, 13:00

Anna Beulah Farm

ABOUT

Kom geniet ons volgende Vrouenetwerk Ontbyt saam met ons Vrydag, 1 November, by die pragtige Anna Beulah in Durbanville! Ons inspirerende gasspreker, Magriet Groenewald, ’n kundige in sosiale media bemarking, sal waardevolle insigte en wenke deel wat elke entrepreneur moet hoor om haar besigheid na ‘n nuwe vlak van sukses te neem.

 

Dinamiese entrepreneurs gaan hul besighede uitstal en gaste sal nie net die vroue en hul journey beter leer ken nie, maar ook eksklusiewe spesiale aanbiedinge van elke uitstaller ontvang.

 

Hierdie Ontbyt is die perfekte geleentheid vir besigheids eienaars om te netwerk, plaaslike besighede te ontdek, mekaar te ondersteun en saam te ontspan in ’n inspirerende omgewing.

 

Groot pryse wag by ons gelukkige trekking en elke gas sal met 'n lieflike geskenksakkie vol bederf-items huis toe gaan. Maak seker om jou beursie saam te bring, want vir die eerste keer bied ons ook 'n Mini Mark aan, waar talentvolle vroue entrepreneurs hul pragtige produkte te koop aanbied – dit is 'n geleentheid wat jy beslis nie wil misloop nie!

DIRECTIONS

VROUENETWERK ONTBYT, Durbanville
Anna Beulah Farm
Cnr Visserhok & Contermanskloof Road, Durbanville, Cape Town, 7550
Get Directions