Family friendly

Die Wasgoedlyn Wapper Melkbos

Sun Oct 13, 11:00 - Sun Oct 13, 17:00

de Fayebosch

ABOUT

DKW & Hanru aan die Wasgoedlyn


'n Afrikaanse Musiekfees met:Die Kaalkop Waarheid, Hanru Niemand, plus Rafel, Bruinsuiker en Orwellington en Jackie & Riku Lätti van Die Wasgoedlyn


Die Kaalkop Waarheid (DKW) is almal wat weet se gunsteling oorspronklike Afrikaanse ‘folk’ band wat sy ontstaan in Pretoria het. Die lede bestaan uit Nardus du Plooy (liedjieskrywer), Christo Strauss (mandolien), Hanru Niemand (banjo), George Rautenbach (kitaar) en Christo Groenewald (kontrabas).  Hul lied "In My Lewe" is al deur meer as miljoene geluister. SAMA nominasies en suksesse agter die blad is die groep al lank aan die gaan en stoom steeds voort soos hul treffer "Wegholtrein" die wye wêreld in.


Hanru Niemand is ’n veelsydige Afrikaanse sanger-liedjieskrywer afkomstig uit die Boland. Sedert 2003 het hy stil-stil vir homself naamgemaak onder musiekkenners en spog hy vir amper twee dekades reeds met ’n klein kultus-aanhang van musikale fynproewers wat strek van die Kaap tot die Noorde.

 Van sy werke is ook al na Fins en Russies vertaal deur vooraanstaande vertalers vir die genot van oorsese gehore.


Die Wasgoedlyn se Jackie en Riku Lätti gaan ook optree. Saam met die Wasgoedlyn het Riku al dosyne albums opgeneem. Riku Lätti is bekend vir treffers soos Hoofstroom, Op die Maan en Smoorverlief. Met die Wasgoedlyn is Jackie en Riku bekend daarvoor dat hulle Alternatiewe Afrikaanse musiek 'n platform bied. Gaan luister gerus nou na die Wasgoedlyn daar is definitief honderde kunstenaars wat jy van sal hou op die Wasgoedlyn soos David Kramer, Anton Goosen, Piet Botha, Koos Kombuis en nou natuurlik ook Die Kaalkop Waarheid


De Fayebosch: Olyf en laventel plaas aan die voete van Kanonkop, craft beer deli produkte blomme, oganic produce, weskus waters Tafelberg voor my, ek weet nie so iets . wat nog. plaaslewe, gaan terug in tyd, samesyn, ,nostalgies...


DIRECTIONS

Die Wasgoedlyn Wapper Melkbos
de Fayebosch
CGQM+CF Atlantis, Cape Town, South Africa
Get Directions