Vrou Ens. in Waterkloof
Tue Nov 19, 18:30 - Tue Nov 19, 21:00
405 Victoria St
ABOUT
Mandri Sutherland, ook bekend as Vroudrie, se eerste eenvroustuk is spesifiek vir die huiskonsert-inisiatief geskryf, waar sy al meer as 160 keer in die leefruimtes van mense oor Suid-Afrika heen gespeel het. Die stuk is 'n kombinasie van storievertelling en uitspattige karaktervertolking.
Mandri sê 'n ding soos dit is en sy sê dit in Afrikaans. Sy belig en gooi liefde, humor en vet op die Afrikaner-vrou se besware en waarhede. Sy sê 'n ding raak en sy sê wat die meeste van ons heel moontlik dink. Die show is nie net vir vrouens nie, so bring gerus jou man saam, maar los dalk net jou hond en kind by die babysitter!
18h30 vir 19h00 (Show begin)
Bring gerus 'n drinkding saam
Uber indien moontlik