JUAN BOUCHER Familie Vertoning by Stables, Stilbaai
Sun Dec 22, 14:00 - Sun Dec 22, 19:00
The Stables
ABOUT
“Ek is n skrywer van voor tot agter, ek raak honger om te skryf as die tyd te lank neem om nie by my kitare te sit en skryf nie dan jaag iets my, dit voel of ek altyd nog net iets wil vertel met ‘n kitaar in my arms. Ek kan dit nie help nie die woorde hang oor my en ek droom van dit as ek slaap. As ek iemand sien wat hartseer is dan wil ek skryf, as iemand glimlag wil ek skryf oor dit. As ek liefde sien of voel dan wil ek die kitaar gryp en sing oor dit. Dit is vir my vrek lekker om in boek winkels rond te loop en net tussen die Boeke rond te loop, ek kan die skrywers se oë op my voel. Ek is net eenvoudig lief vir musiek en gedigte en as ek die krag het om dit self te kan doen is dit net nog meer van 'n plesier vir my as ooit. Ek kan sorg vir my huis en my familie daarmee. Ons almal is versot op dit, as ek geskryf het en ons neem dit op dan sit ons almal styf teen die luidsprekers en geniet dit lirieke en melodie. Dit is wonderlik dat ek dit nog so diep binne in my het, dit vloei uit my uit en dit is hoekom ek dit doen, vir geen ander rede nie, ek doen dit om te “Connect” met mense. Hierdie nuwe vertoning is uit my siel uit en ek hoop ek sien julle daar" - Juan Boucher
Hekke maak 14:00 oop,
Show begin 17:00
Alle ouderdomme welkom en kinders onder 8-jaar is gratis.
Laatmiddag piekniek vertoning - unreserved seating - geen eie coolers - geen wapens en geen gazebos. Eie kamp stoele & kombers
Enige navrae kontak die venue direk - Annemarie: +27 76 073 3694 of Martin: +27 60 794 6460