Zaan Sonnekus & Fran Prins - LIVE at Daisy Jones, Stellenbosch
Thu Jan 30, 17:00 - Thu Jan 30, 23:30
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
ABOUT
Ware talent is iets wat mens nie moet mis wanneer dit jy jou verbysteek nie, en Zaan Sonnekus & Fran Prins is vol talent. Vang hulle by Daisy Jones Bar in Stellenbosch op Donderdag 30 January 2025.
When: Thursday, 20 January 2025
Where: Daisy Jones Bar, Stellenbosch
Who: Zaan Sonnekus & Fran Prins
Price: R150
Tickets:
Doors open 17h00.
Live music to start after 20h00. More precise set times will be posted by Daisy Jones' social media closer to the event.
Daisy Jones has a full bar and kitchen, so come early to enjoy the picturesque Winelands views.
Tickets:
Only R150 per person.
Made possible thanks to CO Productions and Heineken Silver.
Important information:
No under-18s allowed.
Right of admission reserved.
Doors open 17h00.
For any further queries, get in touch with Daisy Jones via WhatsApp at 064 968 2015
Meer oor Zaan Sonnekus:
Zaan Sonnekus, is 'n talentvolle Suid-Afrikaanse musikant, liedjie- skrywer en sanger van Bloemfontein in die Vrystaat. Hy woon tans in Pretoria. Zaan is gebore Cecezaan Sonnekus en sy passie vir musiek het op 'n jong ouderdom begin toe hy sy eerste kitaar vir sy tiende verjaardag ontvang het. Sedertdien het musiek sy obsessie geword, met die doel om dit 'n loopbaan te maak.
.
Zaan kom uit 'n artistieke familie en sy ouers het hom altyd aangemoedig om sy passie te volg. Hy erken dat dit sy ma se talent as skrywer en kunstenaar was wat hom geïnspireer het om 'n liedjieskrywer te word. Hierdie invloed is duidelik sigbaar in sy diepgaande en emosioneel gelaaide lirieke.
Hy beskryf sy werk as "alternatiewe rock met 'n sielvolle rugstring." Alhoewel hy homself as 'n gelukkige mens beskou, gebruik hy liedjieskryf as 'n manier om woede en pyn te hanteer. Zaan se hoofdoelwit is om sy stories en ervarings op 'n kragtige en eerlike manier te deel, en die harte van miljoene mense wêreldwyd met sy musiek aan te raak.
In Oktober 2021 het Zaan sy debuutalbum, "Zonneblom," vrygestel, wat sy amptelike toetrede tot die Afrikaanse musiekbedryf gemerk het. Hierdie album het reeds die harte van baie mense geraak en verander, en Zaan se unieke klank en passie vir musiek beloof om 'n blywende indruk in die musiekwêreld te maak.
Sy nuutste vrystelling, Die Korste Hier, klim treffer- parades reg oor die land en is ‘n tong in die kies kykie na die Afrikaanse musiekbedryf. Die musiekvideo hiervan spog met ‘n hele string bekende gesigte so maak seker jy gaan loer na die video op YouTube.
Meer oor Fran Prins:
Fran Prins is die nuutste sensasie in die Afrikaanse musiekbedryf. Hy is bekend vir sy eerlike en diep emosionele musiek en lirieke. Sy debuut-enkelsnit, "Hoogtyd," is 'n liedjie wat hy self geskryf het en wat die pyn, hartseer en verlange van ‘n sekere stadium in sy lewe verwoord. Fran het hierdie liedjie in 2022 geskryf toe hy deur 'n baie moeilike tyd gegaan het, maar dit het uiteindelik 'n boodskap van hoop envasberadenheid geword. "Dit beteken baie vir my om nou te kan terugkyk en besef dat dinge wel beter word en mens moet nooit moed opgee nie," sê Fran.
Op 15-jarige ouderdom het Fran begin kitaar speel, wat sy passie vir musiek aangewakker het. Hy het grootgeword in 'n era waar musiek baie verander het, met invloede wat strek van golden oldies en rock & roll tot die tech-boom van die 2000's en die MK-revolusie. Kunstenaars soos Theuns Jordaan, Jan Blohm, Francois van Coke, Danie Reenwolf, en Tasche het 'n groot invloed op sy musiekstyl, terwyl inter-nasionale ikone soos Bob Dylan, Kip Moore, Kings of Leon, en selfs The Lumineers sy klank verder gevorm het.
Fran se musiek weerspieël sy lewenservarings en melankolie, en hy streef daarna om eerlik en reguit te wees in sy liedjies. Hy glo dat meeste Afrikaans- sprekendes met sy musiek sal kan vereenselwig. Sy gunsteling aanhaling, "Behind every beautiful thing, there's some kind of pain," verwoord die kern van sy kuns en sy benadering tot musiek.
Onthou die naam Fran Prins, want jy gaan dit nog baie hoor in die toekoms!