No under 18s

Franja du Plessis & Ivan Roux - LIVE at Daisy Jones, Stellenbosch

Thu Feb 27, 17:00 - Thu Feb 27, 23:00

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

ABOUT

Ons 'bring dit' na Stellenbosch se Daisy Jones Bar met Franja du Plessis en Ivan Roux waar dinge ordentlik 'morsig' sal raak!


When: Thursday, 27 February 2025

Where: Daisy Jones Bar, Stellenbosch

Who: Franja du Plessis & Ivan Roux

Price: R150

Tickets: https://qkt.io/cQpnCA


Doors open 17h00.

Live music to start after 20h00.

Daisy Jones has a full bar and kitchen, so come early to enjoy the picturesque Winelands views.


Tickets: https://qkt.io/cQpnCA

Only R150 per person.


Important information:

No under-18s allowed.

Right of admission reserved.

For any further queries, get in touch with Daisy Jones via WhatsApp at 064 968 2015


Meer oor Franja du Plessis:

Franja du Plessis, 'n talentvolle liedjieskrywer en aktrise, het van jongs af haar passie vir musiek en die verhoog gewys. Sy het aan verskeie sang- en talentkompetisies deelgeneem sedert haar skooljare en haar talent vir musiek het vinnig sigbaar geword toe sy die hoofrol van Leika in haar skool se revue tydens haar matriekjaar aan die Hoërskool Die Wilgers vertolk het.


Haar loopbaan het haar regoor die land geneem met optredes in produksies soos "Afrikaans is Groot" en "Gospel Skouspel" in 2013. Sy het ook 'n indrukwekkende vertoning gelewer in die rol van Marna de Jager in die fliek "As Jy Sing," waarvoor sy die liedjie "In Twee Geskeur" geskryf het. Franja se musikale talente strek ook tot die skryf van liedjies vir ander kunstenaars, soos haar ma, die platinumster Juanita du Plessis. Sy het verskeie treffers vir Juanita geskryf, insluitend "Om Jou Pinkie," "Aanhou Om Aan Te Hou," en "Kaalvoetkinners." Na haar studies in musiek en produksie aan die Berklee College of Music in Kalifornië, het Franja debuutalbum "My Verhaal" in 2016 vrygestel. Hierdie album was die begin van 'n suksesvolle loopbaan in die musiekbedryf.


Franja se tweede album, "Hittegolf," wat in 2018 uitgereik is, bevat 13 nuwe liedjies wat almal deur haar geskryf is. Met haar eerlike benadering tot musiek en 'n sterk vertroue in haar eie kuns, het hierdie album haar gehoor, jonk en oud, nie teleurgestel nie. Haar nuutste album, "Los Jou Hart," wat in 2022 uitgereik is, bevat treffers soos "Bring Dit," "Gee My 'n Boerseun," en "My Lief." Franja het ook saam met Juanita du Plessis en Ruan Josh 'n Sing Country-album in Desember 2021 uitgereik, wat 'n nuwe draai aan haar musikale aanbod gee. Haar nuutste enkelsnitte "Hakahana," "Deur Die Reen," en "Lisensie" is op alle stromingsdienste beskikbaar, en die musiekvideo vir "Lisensie" is 'n moet kyk!


Franja is 'n baie musikale individu wat 'n verskeidenheid instrumente bemeester, insluitend dromme, baskitaar, akoestiese kitaar, en mondfluitjie. Sy is ook aktief betrokke by die vervaardiging van musiek in die ateljee.


Meer oor Ivan Roux:

Ivan Roux is 'n multi-platinum sanger en liedjieskrywer wat sy musikale reis begin het deur in klein kroeë op te tree. In 2018 het hy tweede geëindig in die eerste seisoen van die realiteitsreeks Die Kontrak en die res is geskidenis.


Met verloop van tyd het Ivan homself tot groot arenas, korporatiewe funksies, en verskeie ander groot feeste opgewerk. Sy talent het hom ook al op toere na onder meer Dubai, Egipte, Australië, en Nieu-Seeland geneem. Sy passie vir musiek en energieke optredes is aansteeklik en kry enige gehoor op hul voete. Sy gemaklike persoonlikheid maak hom iemand wat baie geliefd is in die Afrikaanse bedryf.


Ivan se belangstellings strek veel verder as musiek; hy geniet alle sporte, buitelug aktiwiteite en enigiets wat die adrenalien behoorlik laat pomp. Alhoewel baie mense hom net met Afrikaanse musiek assosieer, het hy ‘n diepgewortelde passie vir Country musiek. Sy vroeë optredes het sy veelsydigheid geslyp, wat hom ‘n gesoute entertainer maak wat moeiteloos tussen Oldies, Rock, Country en Pop kan beweeg.

Ivan is ook baie gewild op TikTok waar hy sy eie weergawe van van die grootste liedjies van oral oor doen - so gaan loer gerus. Hy het verskeie suksesvolle enkelsnitte vrygestel, insluitend treffers soos "Daai Ding," “Doenit Als Vir Liefde, ” "Laatnag Gedagtes," "Opsoek Na Liefde," "Lipstick," en meer.


Tans werk Ivan hard aan 'n nuwe Afrikaanse enkelsnit saam met Universal Musiek wat binnekort vrygestel word.

DIRECTIONS

Franja du Plessis & Ivan Roux - LIVE at Daisy Jones, Stellenbosch
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
33°52'57. 18°50'49, 6 8th Ave, Stellenbosch, 7615
Get Directions