Landbouweekblad se Volhoubare Landboukonferensie 2025– Ottosdal

Thu Mar 6, 07:00 - Thu Mar 6, 17:00

Ottosdal Skougronde/Showgrounds

ABOUT

VOLHOUBAAR | VEERKRAGTIG | VIR DIE TOEKOMS


Onvoorspelbare weerpatrone, stygende insetkoste, watertekorte en die agteruitgang van grondvrugbaarheid is van die uitdagings wat boere in die gesig staar. Landbouweekblad en die Ottosdal-geenbewerkingsklub wil by hul konferensies oor volhoubare landbou vir boere wys hoe om in harmonie met die natuur te boer.


Kom ontdek hoe elke deel van die ekologiese legkaart perfek inmekaar steek om jou boerdery winsgewend en veerkragtig te maak. Sluit by ons aan vir ’n groter kans op sukses en volbaarheid.


Dié konferensie op 6 Maart op die Ottosdal-skouterrein is ’n moet vir enige boer wat wat goedkoper, winsgewender en meer volhoubaar wil boer.


Waarom durf jy dit nie misloop nie:

  1. Steek kers op by boere en kundiges wat omgewingsvriendelike praktyke toepas.
  2. Leer hoe om koste te verminder terwyl jy jou natuurlike hulpbronne versterk.
  3. Kom kyk prakties hoekom herlewingslandbou werk met ’n plaasbesoek en proewe.
  4. Skuur skouers met ander boere wat dieselfde volhoubare boerderydoelwitte nastreef.

Sprekers sal binnekort bevestig word.


’n Kaartjie kos R650. Jy kry ook 12 maande se toegang tot Landbou.com ter waarde van R1 800 GRATIS wanneer jy ’n kaartjie koop.


Rig navrae aan [email protected].


Met trots geborg deur Case IH en Standard Bank.

DIRECTIONS

Landbouweekblad se Volhoubare Landboukonferensie 2025– Ottosdal
Ottosdal Skougronde/Showgrounds
Koster St, Ottosdal, 2610, South Africa
Get Directions