Landbouweekblad se Volhoubare Landboukonferensie 2025 – Moorreesburg

Wed Mar 19, 08:00 - Wed Mar 19, 14:00

Moorreesburg

ABOUT

VOLHOUBAAR | VEERKRAGTIG | VIR DIE TOEKOMS


Landbouweekblad en die landbouverenigings van Moorreesburg en Piketberg bied ‘n eendagkonferensie aan om oplossings vir boere van die Swartland te bied.


Die konferensie vind op 19 Maart op Moorreesburg (venue sal bevestig word) plaas en is ’n moet vir enige boer wat wat goedkoper, winsgewender en meer volhoubaar wil boer. Kom luister na wetenskaplikes, medeboere en landboukundiges en kry raad om jou graan- en veeboerdery winsgewender te maak deur groter presisieboerdery en omgewingsvriendelike praktyke.


Waarom durf jy dit nie misloop nie:

  1. Steek kers op by boere en kundiges wat omgewingsvriendelike praktyke toepas.
  2. Leer hoe om koste te verminder terwyl jy jou natuurlike hulpbronne versterk.
  3. Skuur skouers met ander boere wat dieselfde volhoubare boerderydoelwitte nastreef.


TEMA: ’n Holistiese benadering tot volhoubare landbou


Sprekers sal binnekort bevestig word.


’n Kaartjie kos R650. Koop jou kaartjie voor 17 Februarie en betaal R500. Jy kry ook 12 maande se toegang tot Landbou.com ter waarde van R1 800 GRATIS wanneer jy ’n kaartjie koop.


Rig navrae aan [email protected].


Met trots geborg deur Case IH en Standard Bank.

DIRECTIONS

Landbouweekblad se Volhoubare Landboukonferensie 2025 – Moorreesburg
Moorreesburg
Get Directions