Chris Chameleon: "Ek Herhaal Jou Weer”
Tue Apr 1, 18:00 - Tue Apr 1, 21:30
Cafe Roux
ABOUT
Chris Chameleon, een van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars, vier in 2025 die 20ste herdenking van sy grensverskuiwende album, Ek Herhaal Jou. Hierdie ikoniese album, wat Ingrid Jonker se poësie met aangrypende toonsettings en roerende melodiëe vereer het, het die Afrikaanse musiekbedryf onherroeplik verander en het een van die land se mees beduidende kulturele momente geword. Die album is wyd erken in Suid Afrika, sowel as Nederland en Belgie, met erkenning deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Federasie vir Afrikaanse Kultuur, verskeie nasionale en streekstoekennings en is ook deur Die Beeld, Die Volksblad en Die Burger uitgeroep tot een van die tien belangrikste albums van die eerste dekade van hierdie eeu.
In sy eerbetoon aan Jonker en haar tydlose werk, het Chris besluit om hierdie spesiale herdenking te vier met die konsertreeks Ek Herhaal Jou Weer.
Chameleon sal met sy besondere vertelkuns gehore terugneem na die begin van 2005, toe byna alle aspekte van sy lewe in duie gestort het en die lewensdrama waaruit hierdie album ontstaan het met ‘n skaterlag betraan uitlê.
Die program sluit ook in “die toonsettings wat nie die album gehaal het nie” - ‘n verrassingsfees van toonsettings wat nog nooit vantevore gehoor nie. "Ek wil vir Ingrid weer uitdie see roep en ons mooiste oomblikke herleef," sê hy.
Chris Chameleon sal in April 2025 'n reis na die Kaap en die Tuinroete onderneem om hierdie viering van musiek en poësie met gehore te deel.
Kom en wees deel van die magiese ervaring!
Chris Chameleon sal jou terugneem na die hart van sy musiek, die magie van Ingrid Jonker se woorde en van die mees onvergeetlike oomblikke wat Suid-Afrika se musiekgeskiedenis.
BOOKING NOTES
- If you can’t get the table configuration you want and end up booking seats on different tables as a result, please do so under the same email address and we’ll automatically put you together on one table. In fact, any seats booked under the same email address we will assume are together and arrange seating at one table. If this is not the case, however, or if you are booking with friends under different email addresses, just let us know and we’ll make a plan to seat you together. If the event appears sold-out, or you want to add to an existing booking, the same applies - just drop us an email to events@caferoux.co.za and we’ll do our best to make a plan!
- If you struggle with the booking or online payment process, or want to swap tables, we can’t help with that - so please contact Quicket on support@quicket.co.za. And, if you can’t make the show and want to try to resell your tickets, please make use of Quicket’s secondary ticket sale option online - or let us know and we’ll try to sell your tickets on the door.
DOORS OPEN AT 6PM, SHOW STARTS AT 7:30PM