Kom Kook & Kuier saam met Carmen Niehaus
Sat Mar 29, 10:30 - Sat Mar 29, 17:00
De Tol Farm Deli, Pieknierskloof Pass, N7
ABOUT
LEKKER EN GOED
KOOKKLAS deur CARMEN NIEHAUS
KOM KOOK & KUIER SAAM
Leer om gesonder maar heerlik te kook, nes op televisie
WAAR: DE TOL FARM DELI, PIEKENIERSKLOOF N7 PAS, CITRUSDAL
WANNEER: SATERDAG 29 MAART 2025 (vanaf 10h30)
Ons kook ‘n uithalerete met plaasvars produkte uit die De Tol Farm Deli soos hormoonvrye lamsvleis, vars- en droëvrugte, olywe en olyfolie, groente uit die tuin asook verskeie topkwalitiet rooibostees van Carmién Tea en Piekenierskloof se uithalerwyne. Teug aan Carmién Cold Brews en ‘n Piekenierskloof-sangria saam met ‘n verwelkomingshappie. Sit aan vir ‘n fynproewersete waarin jy ‘n hand gehad het en geniet dit saam met spesiaal uitgesoekte rooibostees van Carmién Tea en Piekenierskloofwyne wat by die geregte gaan pas (die wynmaker gaan jou meer vertel). Resepte ingesluit.
Snuffel na die tyd in die De Tol Farm Deli, Carmién Tea Shop en Piekenierskloof Tasting Room vir unieke produkte.
HOE OM TE BESPREEK:
Koste: R750 pp
Bespreek nou, plek is baie beperk.
Besprekings sluit Maandag 24 Maart 2025