keelVOL - 'n bittersoet musikale komedie
Tue May 27, 19:30 - Tue May 27, 20:30
Mossel Bay Town Hall
ABOUT
Kom geniet 'n aand saam met bekende Afrikaanse kunstenaars, Je-Ani Swiegelaar en Germandt Geldenhuys (beter bekend as Naomi Koster en Louis Koster in die Afrikaanse sepie Binnelanders) in die bittersoet musikale komedie, keelVOL.
Dirk Havenga (Germandt Geldenhuys) was altyd 'n sanger in die groot stad, maar nou gee hy musieklesse op 'n plattelandse dorpie. Mariëtte Labuschagne (Je-Ani Swiegelaar) is sy nuwe student - en al wat sy wil doen is sing en dans. Is hierdie 'n ramp wat wag om te gebeur?
Deure sal 18:00 open - kom koop ligte verversings en 'n lafenis en geniet die teater atmosfeer.