Hoërskool Jan van Riebeeck presents R & J: Love beyond the stars - A Musical
Sun Apr 13, 19:00 - Wed Apr 16, 21:00
Hoërskool Jan van Riebeeck
ABOUT
Hierdie musiekskouspel is 'n brawe en futuristiese hervertelling van Shakespeare se tydlose tragedie, geplaas in 'n distopiese wêreld buite die aarde. Ons is ongelooflik opgewonde om hierdie opwindende produksie aan te bied as die musiekblyspel van 2025.
In 'n heelal wat deur kunsmatige intelligensie regeer word, waar liefde 'n valse idee is en die natuur nie meer groei nie, ontstaan twee 'stergekruiste' geliefdes aan teenoorgestelde kante van die samelewing: Romeo, 'n passievolle bloubaadjie-werknemer van die sukkelende massas en Juliet, 'n lid van die elite koninklike klas, word na mekaar aangetrek, ondanks die streng klasseskeidings wat deur KI-beheer afgedwing word.
Hulle verbode liefde blom in teenstelling met 'n stelsel wat poog om hulle uitmekaar te hou, wat die tafel dek vir 'n hartverskeurende, elektriese rewolusie van die hart. Soos hul liefde die masjienbeheerde orde uitdaag, staar hul verraad, opoffering en die harde gevolge van hul aksies in die gesig. In 'n wêreld waar tegnologie die natuur vervang het, ontstaan die vraag: kan liefde werklik floreer in 'n plek waar niks anders kan nie? #twee Sterre, een lotsbestemming.
Deur drama, dans, en onvergeetlike liedjies saam te voeg met temamusiek uit The Greatest Showman, Grease, The Notebook, The Waitress, We Will Rock You, Wicked, West Side Story, Mamma Mia! en meer, sal hierdie musiekreis die gehoor met energie vul: van die opwindende dansnommers wat die botsing tussen die werkersklas en die elite verteenwoordig, tot die hartverskeurende ballades wat die dieptes van Romeo en Juliet se passie weerspieël, sal die musiek die gehoor op 'n emosionele reis van liefde, hoop en opoffering neem.