TOLLIE PARTON - HOOFSEUN
Fri May 2, 19:00 - Fri May 2, 21:00
Grobbelaar Saal
ABOUT
Tollie Parton - Hoofseun — Die Show Wat Jou Dorpie Sal Skud!
GEEN ONDER 18's EN GEEN SENSITIEWE KYKERS!
Maak gereed vir ‘n skaterlag-avontuur soos min!
In Hoofseun deel Tollie Parton, oftewel Wynand Kotze — Vanrhynsdorp se voormalige hoofseun — die skreeusnaakse, skerp en soms semi-aanstootlike waarheid oor wat dit regtig beteken om 'n fopdosser in ‘n klein Afrikaanse dorpie te wees.
Van vrae oor identiteit tot misverstande oor Casper de Vries se "groter pramme," hierdie show is 'n feestelike viering van andersheid, vol humor en hart.
Moet dit nie misloop nie — kom ervaar Tollie se wêreld soos net hy dit kan vertel!
Inligting:
- BRING EIE DRANK EN EETGOED SAAM
- Tafels beskikbaar - maak jou eie tafel vol om die aand saam vriende en familie te geniet. ( 8 mense per tafel
- Moet nie die kans mis om Tollie Parton persoonlik te ontmoet tydens die meet and greet nie!
Bespreek nou jou kaartjies en wees deel van die lag!
Ons is opgewonde om HAWS Hermanus deel te maak van die Tollie Parton Event, sodat ons saam kan werk om diere in nood te help. Winter is om die draai, en die koue maande bring ekstra uitdagings vir diere wat nie beskerming het nie.
Deur hierdie geleentheid te ondersteun, hoop ons om bewusmaking te skep en fondse in te samel om die nodige hulp en sorg aan diere in Hermanus te bied.
Elke bydrae maak 'n verskil, en saam kan ons verseker dat die diere wat ons die liefste het, die warmte, kos en gesondheidsorg kry wat hulle verdien.