Koos Kombuis by JARR Bar
Sun Apr 14, 14:00 - Sun Apr 14, 17:00
JARR Bar and Restaurant
ABOUT
Koos Kombuis (gebore André le Roux du Toit, November 5, 1954) is ‘n Suid-Afrikaanse musikant en skrywer. Hy verwerf bekendheid as deel van ‘n groep anti-establishment Afrikaanse musikante wat in die laat 1980’s die kampustoer “Voëlvry” aanpak. Koos Kombuis het sedertdien die status van legende in Afrikaanse kultuurkringe bereik. Uit sy pen het twee outobiografiese boeke, verskeie romans, digbundels en rubriekbundels en ‘n jeugroman verskyn en hy word beskou as een van die beste liriekskrywers in Afrikaans met meer as 10 CD’s op sy kerfstok. Sy musiekstyl is rou en eerlik. Hy tree meestal solo op en begelei homself op kitaar.
Kaartjies is R150 beskikbaar op Quicket.
Plek is beperk so bespreek vinnig.
Vertoning begin omstreeks 2pm