Innibos
About
Innibos Boekenaweek @ Kaapsehoop
1-3 September 2023
’’n Boekefees vir liefhebbers van lees, boeke en woordkuns.
Boekbekendstellings en -praatjies deur:
Dana Snyman (Die binneland in)
Johann Rossouw (Sluitstuk)
Tony Park (Vendetta)
Diensplig – waarom stotter ons Pa’s so
Alita Steenkamp (Deur die vuur)
Carina Stander (Bergengel Trilogie)
SJ Naude (Van vaders en vlugtelinge)
Johan Myburg (Narreskip)
Tom Dreyer (Nou in infrarooi)
Stefaans Coetzee (Onbeskryflike genade)
Luister na praatdigkuns deur die Laeveldse poetry slammers Words in my Mouth onder leiding van Menzi Mkhonza.
Susan Booyens, aanbieder, gesoute joernalis en grootste wenner op Wie word ’n miljoenêr, kuier en gesels saam as gesprek- en vasvrameester.
Gert Vlok Nel is Saterdagaand op die verhoog in Oppitoneel @ Nagkantoor Kuierkroeg met sy beautiful woorde.
Kaapsehoop is ’n klein, atmosfeerryke bergdorp sowat 30 km wes van Nelspruit. Die boekpraatjies ving plaas in die klein kapel by Silver Mist Gastehuis, sowel as by Oppitoneel @ Nagkantoor Kuierkroeg.
Daar is verskeie gastehuise en selfsorgblyplekke beskikbaar op Kaapsehoop.