Ruimsig Gemeente
About
Ruimsig Gemeente is ‘n gemeente met gewone, feilbare mense wat graag die Here en die gemeenskap wil dien na die beste van ons vermoë. Ons is ’n informele, eietydse, sag-Afrikaanse- en onafhanklike gemeente in die Ruimsig/Wesrand omgewing.
Informele gemeente beteken jy kan informeel aantrek en die aanbieding en aard van ons dienste is ook informeel.
Eietyds beteken dat ons bediening en boodskappe gemik is op die behoeftes van die moderne mens, aangesien ons glo dat elke persoon die Bybelse boodskap van redding en groei die helderste glo en verstaan binne-in sy/haar kulturele klimaat. Ons gebruik bv. nie orrelsang nie, maar het ’n orkes wat die sang lei.
Onafhanklike gemeente beteken ons is ‘n post-denominasionele gemeente en behoort dus nie aan enige kerklike denominasie nie.
Ruimsig Gemeente wil jou bewus maak van God se uitnodiging om met jou te connect waar jy is. Daarom wil ons jou uitdaag en motiveer om in ‘n intieme verhouding met God te leef, ’n invloed in mekaar se lewens te hê en ’n impak in die wêreld te maak.