kykNET Silwerskermfees 2024

About

Die kykNET Silwerskermfees is ’n hoogaangeskrewe Suid-Afrikaanse en Afrikaanse film- en inhoudsfees wat die plaaslike bedryf al vir die afgelope 12 jaar ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Die fees het bewys dat dit ’n belangrike platform vir sowel gevestigde as opkomende filmmakers is.


Saam met die wêreld- of Suid-Afrikaanse premières van die jongste rolprente, vertoon die Silwerskermfees die werk van jong talent in ’n reeks diverse kortfilms wat met die fees se finansiële ondersteuning en mentorskap vervaardig is.

Die propvol feesprogram sluit paneelbesprekings, werkswinkels en bedryfsgerigte meesterklasse in wat deur bekende plaaslike en internasionale kenners aangebied word. Die gesogte Silwerskerm-toekennings vir Film en Televisie vereer uitstaande prestasies.


Twee nuwe feesinisiatiewe in 2024 is die Shotgun-kortfilms en die uitbreiding van die Silwermark. Die Shotgun-kortfilms is die werk van ervare filmmakers wat daarop gemik is om gehore te roer en opkomende talent te inspireer. Die Silwermark bied die geleentheid vir inpersoon-voorleggings by die fees aan beide kykNET en Showmax in ’n verskeidenheid van Afrikaanse inhoudskategorieë.


Sedert die begin van die geskiedenis was stories noodsaaklik vir mense om sin van hul bestaan te maak. Met die Silwerskermfees in Kampsbaai word oorspronklike Suid-Afrikaanse stories gekoester en gevier.


Ons bly verbind tot die volgende doelwitte:

  • Die uitbou van die Suid-Afrikaanse film- en TV-bedryf
  • Ontwikkeling van gehoreOpleiding en mentorskap
  • Bevordering van plaaslike inhoud, nasionaal en internasionaal
  • Sosiale kohesie en gesonde diskoers


Geniet asseblief die fees, die stories en alles wat die pragtige Kampsbaai bied.


The kykNET Silwerskerm Festival is an esteemed South African and Afrikaans film and content festival that has nurtured, developed and empowered the local industry for the past 12 years. It has proven to be a seminal platform for seasoned and emerging filmmakers alike.


Alongside the world or South African premieres of the latest feature films, the Silwerskerm Festival showcases the work of young talent with a diverse series of short films produced with the festival’s financial backing and mentorship. The packed festival line-up includes panel discussions, workshops and industry-focused master classes presented by renowned local and international experts. The coveted Silwerskerm Awards for Film and Television honours outstanding achievements.


Two new festival initiatives in 2024, are the Shotgun Shorts and the expansion of Silwermark. The Shotgun Shorts are short films by seasoned filmmakers aiming to move audiences and inspire upcoming talent. The Silwermark provides the opportunity for in-person pitching sessions at the festival in a variety of Afrikaans content categories for both kykNET and Showmax. 


Since the beginning of human history, stories have been crucial for sense-making. And the Silwerskerm Festival in Camps Bay is all about embracing and celebrating original South African stories.


We are committed to these objectives:

  • The growth of the South African film and TV industry
  • Audience development
  • Training and mentoring
  • Promotion of local content, nationally and internationally
  • Social cohesion and healthy discourse


Please enjoy the festival, the stories and all that the beautiful Camps Bay has to offer with us.

Contact info