Afrikaanse Taalmuseum en-monument

About

Besoek die ikoniese Taalmonument om meer oor die geskiedenis van een van Afrika se jongste tale, Afrikaans, te ontdek. Het jy geweet dat die wortels van Afrikaans (van, betreffende, behorende tot Afrika volgens die Woordeboek van die Afrikaanse Taal) oor drie kontinente versprei lê, naamlik Europa, Asië en Afrika? Die argitek, Jan van Wijk, het die monument juis só ontwerp om erkenning te gee aan die diverse herkoms van Afrikaans en met inagneming van die pragtige natuurgebied. Boonop het ons ‘n bistro (normale toegangsfooie en afslag geld) met heerlike kos en ongelooflike vergesigte op die Kaapse Skiereiland en Bolandse berge. Ook is daar ‘n Groen Galery met nuwe skeppende werke in Afrikaans asook speelparke en buitelug-speletjies. Die museum en monument bied gereeld uitsonderlike geleenthede – onder meer volmaanpieknieks, musiekkonserte, boekbekendstellings en opleidingsprogramme aan.


The iconic Taalmonument (Language Monument) is situated on Paarl Mountain, so visit us to discover more about the history of one of Africa’s youngest languages, Afrikaans. Did you know that the roots of Afrikaans (meaning from Africa/African) can be traced back to three continents, namely Europe, Asia and Africa? The architect, Jan van Wijk, designed the language monument to give recognition to these diverse origins of the language, and took into account the beautiful natural environment. Moreover, our bistro (normal entrance fees and discounts apply) offers good food and incredible views of the Cape Peninsula and Boland mountains. There is also an open-air gallery dedicated to new creative works in Afrikaans, as well as playgrounds and outdoor games. The museum and monument often host exceptional events, like full moon picnics, music concerts, book releases and courses.

Contact info